Saam begin ons nuut. Saam vat ons die pad van hoop.
Openbaring 21:5 “Kyk Ek maak alles nuut.”
Saam leef ons in liefde. Liefde bind ons Saam.
1 Kor. 16:14 “Laat alles by julle in liefde geskied”
Saam groei ons in geloof. Geloof word sterker wanneer ons deel.
2 Petrus 3:18 “Groei in die genade en kennis van ons Here Jesus Christus.”
Een in Christus se opstanding. Saam stap ons die kruisweg.
Lukas 24:6 “Hy is nie hier nie; Hy het opgestaan.”
Saam dien ons die wêreld. Diensbaarheid en sending
Galasiërs 5:13 “Dien mekaar deur die liefde.”
Saam leer ons wysheid. Wysheid groei waar mense saam luister.
Efesiërs 5:17 “Vra na die wil van die Here wat jy moet doen.”
Saam bou ons volharding. In moeilike tye hou ons vas – saam.
Fillipense 4:13 “Ons Volhard deur Hom wat ons krag gee.”
Saam ontdek ons ons gawes. Elke gawe is deel van die groter prentjie.
1 Korintiërs 12:7 “Aan elkeen word ‘n gawe gegee tot voordeel van almal”
Saam vier ons die skepping. Saam sorg ons vir God se aarde.
Psalm 24:1 “Die aarde behoort aan die Here”
Saam staan ons in geloof. Geloofshelde inspireer ons om te bou.
Romeine 1:17 “Die regverdige sal deur geloof leef.”
Saam gee ons dank. Dankbaarheid bring ons nader aan mekaar.
1 Tessalonisense 5:18
Saam aanbid ons die Koning. Saam vier ons die Lig wat gekom het.
Johannes 1:5