Anoniem

  • Gepos in

Dit was die eerste keer dat ek saam met my man n retreat bygewoon het.
Dit was so n blessing vir albei van ons om net n hele dag saam te kon “uit vat” om God se teenwoordigheid te ervaar en stil te word voor Hom.
Ek het die aktiwiteit waar ons buite kon gaan stap en stil word en die skrif kon lees wat ons self gekies het, baie geniet. Dit was wonderlik om net toe te laat dat die skrif my bedien en om my oop te stel vir die Heilige Gees om daardeur te werk. Die gejaag van die lewe sluk mens elke dag in en hierdie retreat is werklik kos vir die siel om jou te voed vir die pad wat voorlê. Die natuur by Simonsberg is wonderskoon en dit alleen bedien jou gees met God se liefde. Jy sal verseker verkwik en “ligter” daar weg gaan.