Aangebied deur Pierre Fourie & Elze Radyn
27 April 09:00 – 16:30
Haal asem en skep weer moed.
Dit was die eerste keer dat ek saam met my man n retreat bygewoon het. Dit was so n blessing vir albei van ons om net n hele dag saam te kon "uit vat" om God se teenwoordigheid te ervaar en stil te word voor Hom. Ek het die aktiwiteit waar ons buite kon gaan stap en stil word en die skrif kon lees wat ons self gekies het, baie geniet. Dit was wonderlik om net toe te laat dat die skrif my bedien en om my oop te stel vir die Heilige Gees om daardeur te werk. Die gejaag van die lewe sluk mens elke dag in en hierdie retreat is werklik kos vir die siel om jou te voed vir die pad wat voorlê. Die natuur by Simonsberg is wonderskoon en dit alleen bedien jou gees met God se liefde. Jy sal verseker verkwik en "ligter" daar weg gaan.
Alles was net een groot blessing die hele dag deur en ek en Carien het met baie dankbare harte weggery huis toe na 'n amazing dag saam julle almal🙏 Die burgers was djeerlik!!
Dit was n besonderse dag in die teenwoordigheid van ons Pappa. Die samesyn saam met gelowige boeties en sussies was Baie spesiaal.......en ekstra spesiaal om te doen saam met my lewensmaat. Daai hamburgers was lipaflekker.......