Ons roeping is eenvoudig: mense na Jesus bring – en hulle toerus om werklik anders te leef.
Onder leiding van die Heilige Gees wil ons elke persoon help om hulle geestelike gawes te ontdek, in familiegroepe te groei, en aktief deel te word van God se werk – hier in Brackenfell én verder.
Ons missie is om mense te lei na ’n lewende verhouding met Jesus Christus en hulle toe te rus om ’n lewe van geloof, liefde en diens te leef.

