Gebedsbediening

nlfk_bediening_gebed

Gebedsbediening

Daar is ‘n groot behoefte aan gebed in die gemeenskap.

Indien jy gebedsbediening nodig het, saam met ander wil bid of sommer op jou eie wil stil raak, sluit by ons aan. Jy hoef nie alleen te worstel nie.

Ps. 145:19

Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp toep, en Hy red hulle.

Matt. 7: 7-8

Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Joh. 15.7

Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Mark. 11 22 – 24

Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see.’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.

Aanlyn El Roi Gebedsbediening

Kom bid gerus saam.
Maandae aande 19:00 – 20:00 👇
Google Meet joining info
Video call link: https://meet.google.com/wqc-btfo-vxs

Manne Aandgebed om 21h00

https://meet.google.com/rym-csxs-bnk

Kontak Pierre by 0763092174 vir enige navrae en aanwysings

Gebedsversoeke