Kleingroepe

nlfk_bediening_kleingroepe

Kleingroepe

By Nuwe Lewe Familiekerk glo ons dat almal deel is van God se familie. Ons glo dat jy nie die kerk in sy volheid kan ervaar sonder om in ‘n kleiner groep te wees waar daar sigbare, tasbare liefde en omgee is nie. Waar jy bedien kan word, maar ook ander bedien. Waar almal saam na die Woord luister, bid en in ‘n dieper verhouding met jou Vader groei.

Hier kan jy ook met gemak ‘n uitdaging saam met jou groep aangryp om by ‘n spesifieke projek betrokke te raak. So is die groepie die hande, voete, oë en hart van Jesus by wie julle betrokke is.
Dit is die plek waar jy kan lag en huil, jou vrese en geluk kan deel, ‘n plek waar jy nie bang hoef te wees jy maak ‘n fout nie, ‘n plek waar almal bereid is om te leer.

Raak betrokke en maak ‘n verskil.