In ons gejaagde wêreld is die uitdaging wat aan ons mans gestel word, besig om elke dag toe te neem. Dit raak soms moeilik om die balans tussen eggenoot, pa, oupa, vriend en professionele mens te vind. In hierdie gejaag is daar so min tyd om stil te word, om ‘n slag asem te skep, jou hart oop te maak en na God te luister.
Elke tweede Saterdag om 06:00 het ons ‘n byeenkoms waar ons manne kan stil word, onsself kan oopstel om na God, na mekaar en na ons eie harte te luister. Tyd vir gebed, ‘n koppie koffie en mede-broers wat ondersteun is ons strewe. Ek nooi jou uit om deel van hierdie bediening te word. Waar ons as mans op ons knieë voor God stil word, sal ons kan staande bly te midde van die uitdagings wat die lewe aan ons stel.
https://meet.google.com/ihn-xyuj-gym
Kontak Pierre by 0763092174 vir enige navrae en aanwysings