Vroue

nlfk_bedieninge_vroue

Vroue

Die lewe is besig en meeste mense se lewens is gejaagd. Ons is altyd haastig op pad iewers heen of besig om dringende take af te handel. Indien ons nie doelbewus kies om daagliks stil te raak en tyd met Abba Vader te spandeer nie, sal stiltetyd in die slag bly en sal ons reserwes uiteindelik opraak – ons tenkies leeg loop – en ons geestelik agteruit begin gaan.

Come Away Ministries besef die belangrikheid van Hooglied 2:10. Ons besef dis nodig om soms eenkant te kom en net op Jesus – ons Hemelse Bruidegom te fokus – HOM beter te leer ken – Heilige Gees toe te laat om met ons te praat oor belangrike sake en dit wat Hy in ons wil verander. Soms is dit nodig om net tot stilstand te kom – om in Abba Vader se rus in te gaan en toe te laat dat HY ons bederf met Sy teenwoordigheid en liefde.

Ons bediening fokus op geestelike groei en innerlike genesing. Ons help vroue om hul identiteit te ontdek sodat hulle weet wie hul in Christus is, om hulle geestelike gawes te ontdek om vestings af te breek sodat hulle geestelike deurbrake kan beleef. Vroue leer en ervaar ook die belangrikheid en krag van gebed.
Deur middel van dag- en naweek retreats, Bybelstudies en konferensies leer ons vroue hoe om in ‘n werklike verhouding met Jesus te lewe en nie net godsdiens te beoefen nie. Hulle leer van die krag van Heilige Gees en ervaar die volheid van Sy werking.

Ons besef die mens is nie net gees nie en gee ook aandag aan die siel en liggaam sodat ons heel mense kan wees.
Ons leer vroue die belangrikheid van lofprysing en aanbidding – how to enter the Gates with thanksgiving and the Holy of Holies through Worship and Dance.

Van Ester leer ons hoe om voor te berei en gereed te maak om ons Bruidegom te ontmoet. Soos Ester leer ons dat omstandighede soms buite jou beheer is, maar dat God steeds in beheer is en jou wil lei en leer om jou roeping te ontdek en uit te leef…..dat Hy alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom lief het.

Ons visie is om vroue toe te rus en te help om die Here te dien met gees, siel en liggaam.

Kontak Elze 084 616 6550 vir enige navrae.